Besoekersboek

Onderteken ons besoekersboek, stuur ‘n boodskap aan mail@kinderwerf.co.za of gaan na ons terugvoervorm en ons sal jou boodskap hier plaas. Ons hoor graag van julle!

Ek is al ure lank besig om rond te loer op julle webblad. Verstommen! Baie dankie vir al die Afrikaans! Goeie werk. Natasha Visser

Baie dankie vir jul pragtige produkte!!!!!!!! Enige juffrou se droom!!! Jacolene

Wat is pragtige blad is die nie… Dankie Kinderwerf. xxx Chrizelle

Ek is so opgewonde oor hierdie webwerf. Dis presies waarna ek opsoek was (en meer!) Dankie vir die passie en moeite wat hierin gaan! Liana

Ek is nou al vir die laaste uur op julle webwerf en dit is fantasties. Karin

Uiteindelik ‘n plek gekry waar ek kwaliteit produkte kan kry om by dogtertjie besig te hou. Dankie. Jacqueline

Beslis ‘n webwerf om vir al jou vriende met kinders aan te beveel! Die produkte is maklik om te verstaan en ook baie maklik om te gebruik. Kinderwerf is ‘n webwerf wat onder “my favorites” hoort! Thelma Booyens van Klerksdorp

Ek dink julle webwerf is puik! Die produkte is baie nuttig en van hoogstaande gehalte. Ons wag met groot opgewondenheid op al julle nuwe idees. Nina Pool van Secunda

Ek is mal oor julle webwerf! Lize-Mari Botha

Baie geluk met ‘n pragtige produk, dit lyk baie prakties, is ekonomies en kan beslis aanbeveel word! Linda Kruger

Baie dankie vir Kinderwerf! Chevrolene Esterhuizen

Ek is baie beïndruk met Kinderwerf, dit is ‘n baie oulike webwerf en julle bied soveel vir die kleintjies aan. Susan Nel, Pretoria

Ek is baie beïndruk met die produkte EN die pryse is baie bekostigbaar. Marli Burger, Potch

Dit was ‘n aangename verrassing om jul webwerf raak te loop! Helena Schutte, Centurion

Wow!!Baie dankie vir julle wonderlike webwerf en temas. Dit is wonderlik dat daar iets beskikbaar is vir die Afrikaanse kind! Petra le Roux

Dit is ‘n fantastiese webwerf! Valerie Willemse, Polokwane

Ek het my e-boekie vanoggend gekry, baie dankie. Die boekie, webwerf en produkte is great. My kleingoed is altwee onder 3 jaar en dis lekker om te weet dat ek hierdie produkte kan bêre tot hulle groot genoeg is is. En ek kan nou al my seuntjie (2jr en 7maande) besig hou! Weereens baie dankie. Ek sal julle beslis weer ondersteun. Hou aan om vir ons sulke puik produkte beskikbaar te stel, en dit nog boonop in AFRIKAANS!! Desiré Steenkamp

Wat ‘n voorreg om in Afrikaans deur die net te blaai. Marietjie Rothmann, Florida

Ek het van dag Kinderwerf vir die eerste keer ontdek en ek moet sê ek is verstom oor die kwaliteit waaroor die webwerf beskik. Ursula Smit

Ek het vandag Kinderwerf ontdek. Wat ‘n fantastiese webblad!!!!! Baie geluk. Comien Horn

Ek dink julle is fantasties!!! Dit is lekker om in jou eie taal die webwerf te kan gebruik. Die produkte en julle uitleg van die webblad is baie goed. Ek is vreeslik opgewonde oor Kinderwerf. Marina Schultz, Ellisras

Ek was op jul webwerf en dis uitstekend. Anne-Maré van Tonder

Ek het al verskeie produkte gekoop en my seuntjie vind beslis baat daarby. Andrea Ollewagen

Baie dankie vir julle oorspronklike idee! Ek dink dis briljant! Mev. M. Janse van Rensburg

Ek het ure lank gesoek vir geskikte AFRIKAANSE materiaal om te gebruik. Gelukkig het ek op julle webblad afgekom!! Jonita

Ek wil net graag vir al die ouers sê dat die alfabetkaart ‘n MOET is vir elke kind. Ek het die kaart aangekoop en by my seuntjie se doeke ruil area opgesit toe hy 18 maande oud was. Elke keer wanneer ons ‘n doek geruil het, het ons na die prentjies gewys en dit geleer. Hy is nou 20 maande oud en ken die hele alfabet. Hy sê ook al die helfte van die prentjies as ons daarop druk!! Ons gaan nou begin met die maande van die jaar met die kalender. 1000de dankies Kinderwerf!!!! Petra Le Roux

Baie dankie vir die kalender! Dit is pragtig! Heidi Wahl

Ek het die webwerf by my dogter gekry om te kyk wat julle alles daar doen en ek moet sê,ek is baie beïndruk, dit is ‘n baie oulike webwerf en julle bied soveel vir die kleintjies aan. Ek is al ‘n ouma van 2 dogtertjies, Lexy 4jr en Shanè 8mnde so ek sien uit na nog vele besoekies aan julle webwerf. Afrikaanse webwerwe is baie skaars! Susan Nel

Ek verwag baba no. 3 en is nou by die huis met sussie van 2 jaar en 4 maande. Gelukkig het my ma van die webwerf op die radio gehoor, want nou kry ek wonderlike idees wat om met haar te speel en te doen. En dis alles in Afrikaans! Hanli van Rensburg, Kaapstad

Die Kinderwerf webwerf is nou werklikwaar ’n fantastiese “speelplek” – sommer vir mamma ook…” Leentjie Strydom

Ek het my twee woelwaters lid van die leesklub gemaak en wag met afwagting vir my eerste posstuk. Ek het al ‘n hele paar ander produkte gekoop en is absoluut mal daaroor. Die kinders raak opgewonde elke keer as hulle die website sien gesiggies skitter om alles te kan sien. Baie dankie vir ‘n wonderlike Afrikaanse produk! Magda Steyn

Baie dankie vir die nuusbrief en die pretpak. My kinders geniet dit vreeslik baie en hulle leer net so baie. Nogmaals dankie. Eurika Bester

Baie geluk met hierdie voortreflike webwerf! Vir hierdie ouma gaan dit goud werd wees, al is al drie kleinkinders nog maar jonger as 18 maande. Annatjie Viljoen

Dankie vir die pragtige leermiddels … Janien (3 jaar oud) kan saans nie wag vir Loebi nie! Ek kan nie glo sy ken al ‘n P uit nie! Dit voel net vir my beter dat sy so kan leer lees en KLANK. Daar word mos nie meer deesdae in die skole geklank nie, of so hoor ek maar! Hoe moeilik moet dit nie wees om vreemde woorde te leer lees as jy nie eens kan klank nie!!! Dankie, dankie, duisende dankies! Barendien Muller

Ek was so beïndruk met jul Afrikaanse webwerf en die rympies is vreeslik oulik! Ilze de Kock

Baie dankie ek het die pakkie ontvang en die inhoud is werklik baie oulik. Dit is so maklik om te gebruik, die tyd wat mens aan die aktiwiteite spandeer is net genoeg dat my dogtertjie werklik geïntereseerd bly en sy geniet dit. Ek is so bly ek het die Loebi-reeks opgespoor. Tanja Bekker

Die produkte wat ek laasjaar by julle bestel het, het die wereld se verskil gemaak aan my seuntjie se skoolwerk. Krezaan de Klerk

Ek wil net vir julle baie dankie sê vir die produkte wat julle aanbied. Julle maak ma-wees, so ver weg van die huis af, baie makliker! Jenny Volschenk

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.