Leerhulp

Linkshandige leerders en kwessies

Na vele navrae van mammas wat sukkel met linkshandige leerdertjies het ons ‘n paar wenke saamgestel.  Hier is ook oulike skakels wat julle kan besoek vir meer inligting:

  1. Hier kan jy werkskaarte aankoop wat die letter formasie aandui vir linkshandiges. (Hulle vorm die letters anders as regshandiges) http://www.lefthandedchildren.org/letter-formation.htm
  2. Besoek www.writeleft.co.za. vir oulike boeke en leerhulpmiddels (Dankie Marna Nortje vir die skakel)
  3. Anneke Oosthuizen bied die raad:  “As mamma regs is en klein mensie links, is dit die beste om jou hand oor hulle hand te sit en hulle so te “lei”. Meeste mense kan met albei hande skryf (al is dit nou nie sondagskool skrif nie). Indien jy sukkel, maak die letter eers met jou regter hand en laat hulle met jou hulp dan oor dit “trace”. Ek sukkel darem ni – ek en sussie is albei links! Maar dis hoe haar ouma gehelp het wat regs is. So kry hulle die gevoel van hoe om n letter te maak.
  4. Donne Volschenk is ‘n gesoute Graad 1 Juffrou en beveel dievolgende aan:  ” Ek is ‘n graad 1 juffrou vir al byna 10 jaar, vir my linkshandige outjies doen ek die volgende: Ek sorg dat hulle aan die linkerkant van die tafeltjie sit, sodat die regshandige outjies hulle nie stamp nie, kry vir hulle ‘n linkerhand skêrtjie (ek het ‘n paar in my kas, het een jaar 5 linkshandiges in my klas gehad!), as ek vir hulle demonstreer, staan ek voor hulle, sodat hulle in ‘n “spieël” kyk wat ek doen, want dit is hoe hulle dit gaan doen. (Maar ek maak die letters in spieëlskrif, met my regterhand, vir die regshandiges doen ek dit met die linkerhand) Die regte sit en skryfposisie is baie belangrik,asook die korrekte potloodgreep. Die rekkie om die hand en potlood werk ook vir hulle. Ek hou by die formaat waarop die regshandiges skryf, behalwe dat strepies van regs na links getrek word en nie van links na regs nie. Bv die t, T, J, K, k, F, f, H, 5. Ek hoop dit kan dalk iemand help.”

Indien jy enige hulp / raad het met enige van die kwessies / onderwerpe voel vry om ons te kontak op mail@kinderwerf.co.za.  Ons waardeer enige insette!

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.