Loebi speel graag blokkies nes mense kinders

Loebi Aktiwiteitspak Pienk reeks (0 – 2 jaar) Volledige reeks

R600.00

Produk beskrywing

Ontvang die hele Pienk reeks (0 – 2 jaar) ouderdomsgroep se leermateriaal!

Die is vir self druk tuis, jy ontvang dus digitale dokumente. (Indien jy klaargedrukte boekies wil ontvang loer gerus na ons maandelikse Loebi klub)

Ontvang met aankope:

  • Loebi pienkreeks stories x 12  (uitdrukbare weergawe)
  • Aktiwiteite vir elke dag van die maand. Die aktiwiteite is perfek uitgewerk vir jou kind se ouderdomsgroep en verg net 10-20 minute van jou tyd op ‘n dag. Dus is dit sommer ‘n wonderlike verskoning om kwaliteit tyd met jou kleinding te spandeer, terwyl jy seker maak dat alle aspekte van sy/haar ontwikkeling gedek word.  Daar is genoeg vir die hele jaar.
  • Leerhulpmiddels om saam met die aktiwiteite te gebruik, bv. plakkate, flitskaarte en/of werkskaarte
  • ‘n Voorlesing van die storie in MP3-formaat ( vir al 12 storieboekies)

Die Loebi-reeks bestaan uit 12 stories per ouderdomsgroep. Elke ouderdomsgroep is verskillend, dus is daar 60 stories in totaal! Al die wonderlike, eg Afrikaanse Loebi die draak storietjies is geskryf deur die bekroonde skrywer Martie Preller (skrywer van o.a. die gewilde Babalela-boeke).  Elke storie het ‘n tema, in pas met die CAPS kurrikulum wat in SA gevolg word.

Hierdie is ‘n elektroniese/aflaaibare produk. Sodra ons jou betaling ontvang het, sal ons jou bestelling aktiveer en jy sal ‘n e-pos ontvang wat sê dat jou bestelling verwerk is. Jy sal dan hier op die blad kan inteken en die elektroniese produk(te) wat jy bestel het aflaai. Indien jy met jou kredietkaart betaal, sal die produk dadelik beskikbaar wees. Indien jy ‘n elektroniese oorbetaling (EFT) doen of ‘n direkte deposito by die bank, sal jou bestelling 2-3 dae neem voor dit geaktiveer word.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie

Be the first to review “Loebi Aktiwiteitspak Pienk reeks (0 – 2 jaar) Volledige reeks”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.