Beskrywing
Ontvang die hele Loebi die drakie blou reeks ( 4 – 5 jarige ouderdomsgroep) se leermateriaal en stories!
Die is vir self druk tuis, jy ontvang dus digitale dokumente.
Ontvang met aankope:
- Loebi bloureeks stories x 12 (uitdrukbare weergawe)
- Aktiwiteite vir elke dag van die maand.Die aktiwiteite is perfek uitgewerk vir jou kind se ouderdomsgroep en verg net 10-20 minute van jou tyd op ˜n dag. Dus is dit sommer ˜n wonderlike verskoning om kwaliteit tyd met jou kleinding te spandeer, terwyl jy seker maak dat alle aspekte van sy/haar ontwikkeling gedek word. Daar is genoeg vir die hele jaar.
- Leerhulpmiddels om saam met die aktiwiteite te gebruik, bv. plakkate, flitskaarte en/of werkskaarte
- ‘n Voorlesing van die storie in MP3-formaat ( vir al 12 storieboekies)
Die Loebi-reeks bestaan uit 12 stories per ouderdomsgroep. Elke ouderdomsgroep is verskillend, dus is daar 60 stories in totaal! Al die wonderlike, eg Afrikaanse Loebi die draak stories is geskryf deur die bekroonde skrywer Martie Preller (skrywer van o.a. die gewilde Babalela-boeke).
Die stories en die aktiwiteite van elke les sentreer om die volgende temas:Â
Les1: Wie is ek?
Les 2: Huis
Les 3: My familie
Les 4: My omgewing
Les 5: Diere
Les 6: Beroepe
Les7: Feeste
Les 8: Vervoer
Les 9: Plekke
Les10: Speelgoed/Verhoudinge
Les11: Verbeelding/Kreatiwiteit
Les 12: Vaardighede
Elke storie het dus ‘n tema, in pas met die CAPS kurrikulum wat in SA gevolg word.
Hierdie is ‘n elektroniese/aflaaibare produk.
Resensies
Daar is nog geen resensies nie