Welkom by Kinderwerf!
Kinderwerf is ‘n ouerskapswebwerf wat ouers bemagtig om net die beste vir hul kinders en gesin te gee. Dit doen ons deur ouers te ondersteun in alle aspekte van hulle ouerskapsreis.
Kinderwerf bied die volgende dienste aan:
Om ‘n ouer te wees is die grootste seëning in ‘n mens se lewe, maar dit is nie altyd maklik nie. Daar is baie uitdagings langs die pad. Ons by Kinderwerf glo daarin om jou as ouer te bemagtig sodat jy net die beste vir jou kind/ers en gesin kan gee. Dit is ook belangrik om te onthou dat jy altyd eerste na jouself moet kyk. Jou gesin maak staat op jou, so dit is soms nodig om tyd en aandag te gee ook aan jou individuele uitdagings sodat jy vol energie en vreugde hierdie wonderlike reis saam met jou gesin kan aanpak.
Martie Kruger, eienaar van Kinderwerf is ‘n familie berader en is beskikbaar vir hulp met enige van die volgende ‘uitdagings’ wat jy dalk mag teëkom. Sessies kan in persoon by die Kinderwerf kantoor in Durbanville gedoen word of via Skype.
- Angstigheid, stres en trauma – hier kan berading vir jou as individu baie help. Indien jou kind baie angstigheid en stres ervaar help en leer sy jou hoe om jou kind te help.
- Ouerskapsbegeleiding- sukkel jy met dissipline/slaap/tantrums/boelie gedrag/ongelukkigheid by skool/broers en susters wat baklei ens. Meeste probleme wat jy en jou kind ervaar kan suksesvol met ouerskapsberading opgelos word
- Martie leer ook ouers hoe om van die beginsels van speelterapie op hul kind by die huis toe te pas om te help met binding en algemene gedragsprobleme
- Familie berading – hier word die hele gesin betrek by die terapie proses.
- Huweliksberading
- Leer en leesprobleme
- “Life” en besigheids ‘coaching;
Ons weet hoe besig is jy as ouer. Kinderwerf maak dit vir jou maklik om seker te maak dat alle aspekte van jou kind se ontwikkeling gedek word. Van emosionele ontwikkeling, tel, kleure, vorms, skoolgereed tot hulp met wiskunde en tale. Besoek gerus ons winkelblad om te kyk na al die produkte wat ons aanbied.
Al die produkte word verkoop as downloads wat beteken dat jy vinnig toegang kry tot jou produkte om uit te druk sodra jy dit aangekoop het, maak nie saak waar in die wêreld jy is nie. Kinderwerf se produkte is uniek. Al ons produkte het ons self ontwikkel. Die prentjies is alles oorspronklike kunswerke spesiaal gemaak vir Kinderwerf, dus word ‘geen clipart’ gebruik nie. Kinderwerf is al 12 jaar oud en is ‘n gevestigde naam by vele skole en huishoudings. Ons produkte is oor en oor getoets deur onderwysers en ouers en jy is verseker van goeie kwaliteit produkte en diens.