Gebruiksvoorwaardes

KINDERWERF SE BESTELLINGSVOORWAARDES VIR PRODUKTE

Deur produkte by Kinderwerf te bestel aanvaar jy die volgende voorwaardes:

  • As gevolg van bankkoste moet diegene wat kontant DIREK by die bank inbetaal moet jy R20 by jou bestelling voeg. Geen transaksies sal verwerk word indien die R20 nie bybetaal is nie. Hierdie geld nie vir elektroniese kontant oorplasings of kredietkaartbetalings nie.
  • Die inligting wat jy op die bestelvorm gegee het is korrek. Kinderwerf aanvaar nie verantwoordelikheid vir ‘n verkeerde produk wat bestel word of vir  verkeerde pos of e-pos adresse nie.
  • Gee die regte verwysingsnommer op jou bestelling. Dit sal die verwerking van jou bestelling aansienlik vertraag indien jy verkeerde verwysing gee.
  • Al Kinderwerf se produkte  is elektroniese produkte wat jy self moet uitdruk. Dit word ook so in die produkbeskrywing of as pdf formaat aangedui. Maak asseblief seker dat jy bewus is van watter tipe produk jy aankoop aangesien ons geen terugbetaling van gelde vir elektroniese produkte lewer nie.
  • Kinderwerf kan geen terugbetalings op produkte wat op uitverkoping is gee nie.
  • Daar word sekere gebruiksbeperkinge op van die elektroniese produkte geplaas, dit sal onder die produk beskrywing wees. Maak seker jy is bewus daarvan voor jy dit aankoop.
  • Kinderwerf moet binne 30 dae na die betaling van die produk skriftelik van enige probleme met of in verband met die produk in kennis gestel word. Na die 30 dae tydperk aanvaar ons dat jy die produk afgelaai het en dat jy tevrede is daarmee.
  • Alle Kinderwerfprodukte is uitsluitlik vir jou privaatgebruik. Alle produkte is onderhewig aan kopiereg. Dit mag onder geen omstandighede uitgeleen of gekopieer word sonder Kinderwerf se skriftelike toestemming nie.
  • Kinderwerf behou die reg om sonder kennisgewing die produkte se pryse te verhoog.
  • Betaal asb. die presiese bedrag deur jou verskuldig in ons bankrekening in. Indien jy bv. per ongeluk te veel oorbetaal het, sal ons slegs vir jou met Kinderwerfkoopbewyse kan terugbetaal.
  • Kinderwerf verkoop soms produkte wat nie Kinderwerfprodukte is nie, dit sal so aangedui word by die produkbeskrywing, indien dit die geval is aanvaar Kinderwerf geen verantwoordelikheid vir die kwaliteit van die produk nie.

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.