Loebi sit graag onder die boom in hulle tuin en droom.

Loebi Aktiwiteitspak Geel reeks (2 – 3 jaar) Volledige reeks

R600.00

Produk beskrywing

Ontvang die hele Geel reeks 2 – 3 jaar) ouderdomsgroep se leermateriaal!

Die is vir self druk tuis, jy ontvang dus digitale dokumente. (Indien jy klaargedrukte boekies wil ontvang loer gerus na ons maandelikse Loebi klub)

Ontvang met aankope:

  • Loebi geelreeks stories x 12  (uitdrukbare weergawe)
  • Aktiwiteite vir elke dag van die maand. Die aktiwiteite is perfek uitgewerk vir jou kind se ouderdomsgroep en verg net 10-20 minute van jou tyd op ‘n dag. Dus is dit sommer ‘n wonderlike verskoning om kwaliteit tyd met jou kleinding te spandeer, terwyl jy seker maak dat alle aspekte van sy/haar ontwikkeling gedek word.  Daar is genoeg vir die hele jaar.
  • Leerhulpmiddels om saam met die aktiwiteite te gebruik, bv. plakkate, flitskaarte en/of werkskaarte
  • ‘n Voorlesing van die storie in MP3-formaat ( vir al 12 storieboekies)

Die Loebi-reeks bestaan uit 12 stories per ouderdomsgroep. Elke ouderdomsgroep is verskillend, dus is daar 60 stories in totaal! Al die wonderlike, eg Afrikaanse Loebi die draak storietjies is geskryf deur die bekroonde skrywer Martie Preller (skrywer van o.a. die gewilde Babalela-boeke).  Elke storie het ‘n tema, in pas met die CAPS kurrikulum wat in SA gevolg word.

Hierdie is ‘n elektroniese/aflaaibare produk. 

Resensies

Daar is nog geen resensies nie

Be the first to review “Loebi Aktiwiteitspak Geel reeks (2 – 3 jaar) Volledige reeks”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.