Wat is julle opinie oor jong kindertjies en babas wat in Pappa en Mamma se bed slaap? Mens hoor dikwels dat dit ‘n groot NEE is, maar daar is ook voordele van ‘n gesinsbed:
1: Versterk binding tussen ouers en baba
2: Help om mamma en baba se slaappatroon te reguleer
3: Jy hoef nie in die nag op te staan vir jou kind/baba nie.
4: Dit stimuleer melkvoorraad en moedig so borsvoeding aan.
5: Jy kom vinniger agter as daar iets fout is met jou kind.
6: Studies het al gewys dat kinders wat die gesinsbed gedeel het as volwassenes meer selfvertroue en selfagting as die wat nie by hulle ouers geslaap het nie.
7: Seuns wat die ouerbed gedeel het, het later meer selfrespek.
8: Dogters het weer later minder probleme met intimiteit.
9: Kinders wat by hulle ouers slaap is nie bang vir slaaptyd nie, en wanneer hulle ouer word en in hulle eie kamer slaap is slaaptyd iets wat hulle goed en veilig laat voel.