Resepte

Resepte

Baie dankie aan Mari vir die volgende heerlike wenke en resepte om die vol-fiemies kleingoed aan die eet te kry:

Ontbyt

Koekpap – wit mieliepap met 100 & 1000 oor gesprinkel – tot die ingelsmanne eet dan boerepap …

Pienkpap ( of blou of groen… ) – mieliepap met ‘n paar druppels voedselkleursel in gemeng.

Roomyspap – mieliepap wat die helfde pienk gekleur is en die ander wit gelos is … skep ‘n lepel van elk in ‘n bakkie en gee dit so ‘n roomys draai …

Gekookte kos

Karate-kos: Hoender, kool en wortel roerbraai op rys – dis mos wat die sterk karati ouens van China eet om so goed te kan faait …

Mafia Munch: Maalvleis met tamatie, uie en groente, gegeur met knoffel en kruie met pasta –

Ertjieviswurms: Tuna en ertjies met spaghetti in ‘n witsous – gebak of net so….. strooi sommer gerasperde kaas oor vir nog wurms……

Popeye stew: ( spinasie vir daai sterk spiere ) Maalvleis met fyn gesnyde spinasie, uie en tamatie op rys …

Wielletjie sop: Sop met allerande ronde kougoed : “wiel” noedels, russians en wortels in ringe gesny, ens….

Timone & Pumba se Boskos: ‘n Mengsel van allerande soorte pastas – maccaroni, spagetti, skulpies, wielle, penne, ens….. met maalvleis, gemengde groente en tamatie sous…… die idee is soveel vorms en kleure as moontlik – ek het altyd ‘n handvol van ander pasta in ‘n houer gehou soos ons ander kos maak om ‘n lekker deurmekkarspul te meng…. as die houer vol is, is dit tyd vir hierdie lekker grillerigge storie kos…..
Dieselfde pasta en groente mengsel kan ook in die somer as ‘n koue slaai berei word met blokkies ham of ander koue vlies en kaas saam met ‘n mayonaise en tamatie sous….

Monster broodjies: Laat jou kinders self hul eie monster gesiggie laat bou met die voorwaarde dat alles wat jy gebruik, ook geëet moet word : komkommer oë, appel skywe ore, wortel neuse met ‘n breë piesang glimlag, gerasperde kaas hare of baard.

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.