Sale!

Kinderwerf Skole CD INHOUD (Slegs inhoud in pdf vir aflaai)

R100.00

Beskrywing

Hierdie is slegs vir die inhoud van die Skole CD – maw geen CD word uitgepos nie, jy laai die inhoud by die skakels af na betaling.

Vir wie is hierdie produk bedoel?
Vir kleuterskole, ouers van kleuters wat tuisskool en enige iemand wat hulle kind die beste moontlike opvoeding wil gee. Die plakkate en kaarte maak ook pragtige opvoedkundige versierings vir die klas/speelkamer

 

Wat maak die produk spesiaal?
Al die produkte kan self uitgedruk word wat dit uiters koste effektief maak. Al Kinderwerf se produkte is uniek en deur ons gemaak. Kinderwerf se produkte word direk in AFRIKAANS gemaak en is nie soos meeste ander Afrikaanse produkte vertaal uit Engels nie.

 

Sluit die volgende in:

25 Plakkate: (Kan A4- of A3-grootte uitgedruk word)
Kinderwerf plakkate word in elektroniese formaat gegee wat jy vir jou persoonlike gebruik of in klasverband soveel keer kan uitdruk soos jy wil.
Die plakkate wat jy ontvang is:

1: Natuurtoneel (gebruik vir aktiwiteite soos: knip diertjies uit, plak hulle “regs” van die boom, “bo-op” die berg ens.)
2: Musiekinstrumente
3: Partytjie (soek die die Loebi’s)
4: My liggaam
5: My slaapkamer
6: My gesin
7: Die tuin
8: Kleure
9: Aksies
10 Vervoer
11: Verskillende balle
12: Speelgoed
13: Vlerke
14: Vormhuis (soek en identifiseer die vorms)
15: Soet/suur ens
16: Teksture
17: Somer en Wintersklere
18: Ruimtelike oriëntasie
19: Tel die wiele
20: Voëltjie lewenssilkus
21: Warm/koud
22: Syfers 1-10 plakkaat
23: Huis deursnit
24: Beroepe
25: Mamma en babadiere

22 Pragtige kleurvolle Werskaarte
Bv. soek die maatjie, “doolhof” werkskaarte, watter een pas nie ens.

Kinderwerf Alfabetvertoonkaarte
Ons het gevind dat die provinsies se lettervorming soms verskil. So verskil die Kaapse “k” bv. met Gauteng se “k”. Ons alfabetkaarte maak voorsiening vir beide skryfwyses en jy kan bloot die korrekte tipe kaart kies vir jou provinsie. Kontak ons gerus indien jy onseker is oor watter kaarte om te gebruik. Gebruik dit as flitskaarte of plak op die muur as versiering

Kinderwerf Syferkaarte
Die kaarte is baie gewild by kinders en diere word as ‘n tema met die kaarte gebruik.

Kinderwerf Weerkaart
Druk die weerkaart A3 uit vir klas lamineer en heg wyser aan. Druk vir elke kind ook hulle eie klein weerkaart uit. Skuif die pyl daagliks om die weer aan te dui.

Kleurkaarte
Kinderwerf se kleurkaarte is ook ingesluit. Gebruik as flitskaarte of plak op die muur.

 

Resensies

Daar is nog geen resensies nie

Be the first to review “Kinderwerf Skole CD INHOUD (Slegs inhoud in pdf vir aflaai)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.