Kinderwerf Leeskursus vlak 2 (PDF-FORMAAT)
R150.00
Kinderwerf leeskursus: Vlak 2 EK LEES WOORDE: aanbevole ouderdom: 6-8 jaar (werk ook goed vir remediëring)
* Begin slegs met vlak 2 van die leeskursus indien jou kind die alfabetklanke goed ken, en verstaan dat klanke saam ‘n woord vorm. Indien jy onseker is begin eers met vlak 1 van die leeskursus.*
Wanneer julle vlak 2 voltooi het sal jou kind die volgende kan doen:
*maklike woorde kan klank
* die nodige kennis besit om lang woorde te kan lees
* “moeiker woorde” kan lees deur herkenning
* verstaan van sinne en leestekens
* sinne lees
Sodra ‘n kind verstaan hoe die letters saamgevoeg word en kan “klank” kan hulle enige woord lees. Hulle moet dit net oefen. Daarom beveel ons aan om na vlak 2 van die leeskursus die res van die leesgereedskap aan te koop wat julle nog nie het nie. So kan jou kind dan verder leer van diftonge, lang klanke ens.
Ontvang saam met vlak 2 van die leeskursus die volgende:
* ‘n Ouerhandleiding- wat jou stap vir stap wys hoe om jou kind te leer
* Kinderwerf alfabetkaarte: hoof-en kleinletters
* Woord -en frasekaartjies
Bogenoemde produkte sal beskikbaar wees om afgelaai te word sodra ons jou betaling ontvang het. Druk jou kaartjies op enige drukker (printer) uit.
Meer inligting oor Kinderwerf se leesmetode:
Kinderwerf se leesmetode is so oud soos die berge! Ons leer kinders klank en leer hulle waaruit bestaan woorde en gee hulle die nodige gereedskap en kennis om ENIGE woord te kan lees. Dit vorm die basis van lees en elke kind het nodig om dit te leer. Daarmee saam is ons kaarte kleurvol met oulike prentjies en word die materiaal so aangebied dat die kinders dit maklik verstaan.
“Dylan (7) is nou in graad1 en ek is so bly dat ons die leeskursus vlak 1 en 2 met hom gedoen het voor hy skool toe is. Hy geniet sy leeswerk nou vreeslik baie en ons sukkel glad nie so baie met huiswerk soos die ander ouers nie, oor Dylan nuwe woorde met gemak en selfvertroue kan lees.” Marie, Bellville
Hierdie is ‘n elektroniese/aflaaibare produk.
Resensies
Daar is nog geen resensies nie