Kinderwerf leeskursus vlak 1 (PDF-formaat)

R150.00

Kinderwerf leeskursus: Vlak 1 EK LEER KLANKE (aanbevole ouderdom: 3- 6 jaar)

 

Beskrywing

Hierdie is ‘n elektroniese, aflaaibare produk en word gegee in pdf formaat (SLUIT DIE ALFABETKAARTE IN)

Kry in vlak 1 ‘n ouer-handleiding wat jou stap vir stap wys hoe om jou kind te leer. Aan die einde van vlak 1 gaan jou kind die klanke van die alfabet goed ken en drie letter woordjies kan klank. Die kursus word sterk aanbeveel vir Graad R en Graad 1 leerders, maar jonger kindertjies wat tekens toon dat hulle belangstel in lees, kan ook baie baat vind hierby. Moet nooit jou jonger kind dwing om te probeer lees indien hulle nie belangstel nie- daar is nog baie tyd daarvoor later!

Vlak 1 van die leeskursus bestaan uit:

* ‘n ouerhandleiding wat jou stap vir stap wys hoe om jou kind te leer.

* Kinderwerf alfabetvertoonkaarte

* Kinderwerf beginnersleeskaarte

*Ekstra leesgereedskap wat saam met die kursus aangekoop word.

Bogenoemde produkte sal beskikbaar wees om afgelaai te word sodra ons jou betaling ontvang het. Druk jou kaartjies op enige drukker (printer) uit.

 

Meer inligting oor Kinderwerf se leesmetode:

Kinderwerf se leesmetode is so oud soos die berge! Ons leer kinders klank en leer hulle waaruit bestaan woorde en gee hulle die nodige gereedskap en kennis om ENIGE woord te kan lees. Dit vorm die basis van lees en elke kind het nodig om dit te leer. Daarmee saam is ons kaarte kleurvol met oulike prentjies en word die materiaal so aangebied dat die kinders dit maklik verstaan.
Hier is wat ‘n paar ouers oor die leeskursus te sê het:
“Dylan (7) is nou in graad1 en ek is so bly dat ons die leeskursus vlak 1 en 2 met hom gedoen het voor hy skool toe is. Hy geniet sy leeswerk nou vreeslik baie en ons sukkel glad nie so baie met huiswerk soos die ander ouers nie, oor Dylan nuwe woorde met gemak en selfvertroue kan lees.”

“Ek het vlak 1 van die leeskursus met Minette(5) gedoen toe sy pas 4 jaar oud geword het en was verbaas hoe vinnig sy die alfabet aangeleer het en sy kan nou woordjies klank. Sy kan al baie woorde in haar ouboet se leesboekies lees!”

” Wian (5) het binne 2 weke begin klank nadat ons met vlak 1 van die leeskursus begin het. Hy is nou voor sy maatjies en reg vir Graad1 volgende jaar!”

Resensies

Daar is nog geen resensies nie

Be the first to review “Kinderwerf leeskursus vlak 1 (PDF-formaat)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.