onleft-test

Gereed vir Graad R Volledige Pakket

R120.00

kategorieë , ,

Produk beskrywing

Ontvang in hierdie volledige Graad R gereedheids pakket (jy laai die pakket af en druk self uit. |) die volgende:
* 20 werkskaarte
* alfabet inkleurprente ( 26 prente)
Soos julle gesien het in die Graad R gereedheidsvraelys is dit baie belangrik dat jou kind
se fynmotoriese vaardighede soveel as moontlik ontwikkel word. Met ons prettige
werkskaarte sal jou kleinding dit geniet om “werkies” te doen.
In jou pakket sal jy 20 werkskaarte ontvang so wel as Kinderwerf se inkleur- alfabet.
Ook ingesluit is die inkleur-alfabet waar jou kind speel-speel blootgestel word aan die
alfabet, terwyl sy/haar fyn motoriese vaardighede ontwikkel word.

Ontvang ‘n dokument met fantastiese raad en advies gegee deur 15 Graad R
juffrouens oor wat jy alles by die huis kan doen om jou kind voor te berei vir Graad
R. Moenie hierdie een misloop nie!

Kry  ook die volgende in jou pakket:
Syfers! Maak seker jou kind ken sy/haar getalle en getalbegrip met ons pragtige
Syferkaarte (1-20). Saam met die Syferkaarte (in pdf formaat) sal jy instruksies ontvang
van hoe om dit aan te wend om jou kind te help vir sy/haar Graad R jaar

Alfabet! Stel jou kind bloot aan die alfabet met ons pragtige Alfabetkaarte (in pdf formaat).
Kry ook prettige aktiwiteite saam met die kaarte om jou kind op ‘n speelse manier te begin
blootstel aan alfabet klanke.

✦ Help jou kind om sy/haar emosies te beheer en te identifiseer met ons unieke
Emosiewiel en aktiwiteite

 

Laai die vraelys gratis af op ons webwerf.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie

Be the first to review “Gereed vir Graad R Volledige Pakket”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.