Beskrywing
Kinderwerf se emosiewiel, weerkaart en weerwiel is perfek vir die klas- of kinderkamer. Kry die prentjies in PDF formaat, druk uit en lamineer en knip uit en plak die pyltjie vas.
Kinderwerf se emosiewiel is geskik vir kinders van alle ouderdomme. Die emosiewiel is ‘n wonderlike manier vir kinders om uitdrukking aan hulle emosies te gee. Vir die kleintjies sal dit help om name te gee vir die emosies wat hulle reeds voel, en vir ouer kinders is dit ‘n maklike manier om hulle emosies oor te dra op ‘n speelse manier.
Werk so met jou emosiewiel:
Bespreek al die gesiggies en die verskillende emosies met jou kind, byvoorbeeld:
” Hierdie gesiggie is opgewonde. Dit is hoe jy voel as Mamma en Pappa jou sirkus toe vat.”
of
“Hierdie gesiggie is kwaad. Dit is hoe jy gevoel het toe Boetie jou speelding gebreek het.”
Laat jou kind jou help om die emosiewiel op sy deur te plak.Verduidelik nou vir jou kind dat hy elke oggend die pyltjie kan skuif tot op die gesiggie wat wys hoe hy voel die dag. Jy kan selfs ‘n emosiewiel op jou deur ook sit!
Hierdie is ‘n pret manier vir jou om jou kind te leer ken, en ook om hom/haar beter te verstaan. Nou weet jy byvoorbeeld as jou kind nie lekker voel die dag nie, en kan jy hom/haar sodanig hanteer. Verder gee dit jou kind ook die geleentheid om uitdrukking aan sy/haar gevoelens te gee, wat ‘n baie belangrike vaardigheid is en waarmee party volwassenes nog steeds sukkel. Dit is dan dus die eerste treetjie tot die herkenning en erkenning van jou eie en ander se emosies.
Resensies
Daar is nog geen resensies nie