E-boek: Loebi gaan skool toe (Groenboek 10)
R0.00
Loebi is verveeld by die huis. Sy tweelingsussies Sussie-Ba en Sussie-La is al in die skool en hy het niemand om mee te speel en niks om te doen nie. Tot Pappa op ‘n dag besluit dis tyd dat Loebi speelskool toe gaan. Eers was Loebi baie bang om skool toe te gaan, maar hy vind gou uit dat die skool eintlik ‘n lekker plek is!
Al die Loebi die drakies stories is deur die bekroonde skrywer Martie Preller geskryf. Martie het meer as 30 kinder en -jeugboek (uitsluitend die Loebi stories) al geskryf en is veral bekend vir haar oulike karakters wat sy skep. Julle sal haar ken as die skrywer van Babalela en Balkie. Net soos Babalela en Balkie is Loebi ook ‘n karaktertjie wat diep in kinders ( en ouers) se harte inkruip. Met meer as 60 Loebi stories beskikbaar word daar ‘n hele nuwe wêreld vir die kleinspan geskep wat hulle verbeelding prikkel en ‘n liefde vir lees skep.
Hierdie leesboekie vorm ook deel van die Loebi stimuleringsreeks waar aktiwiteite vir elke leesboekie uitgewerk is. Die aktiwteite is so uitgewerk dat dit alle aspekte van jou kind se ontwikkeling dek. Hierdie boekie is deel van die Groenreeks, wat spesiaal geskryf is vir 3 tot 4 jariges. Die storie word egter deur ouer kinders ook geniet.
Hierdie e-boek is perfek vir selflees vir jou beginnerleser
Die boekie kan ook as biblioterapie aangewend word waar jy die boekie gebruik om ‘n kind wat bang is vir skool of kleuterskool te help om sy/haar vrese te oorkom. Gebruik die boek as ‘n aanknopingspunt en gesels met jou kind oor hoe Loebi in die storie gevoel het. Kinders identifiseer met karakters en met Loebi en voel baie beter as hulle besef dat vrees vir ‘n nuwe skool normaal is en dat almal so voel, selfs Loebi. Hulle besef ook dat dit alhoewel hulle nou bang is dat dit later gaan lekker wees, net soos dit vir Loebi lekker was.
Lees ook hier meer oor ons Loebi klub:
corika dodd –
My eerste ontmoeting met loebie. Opgewonde om hom te leer Ken.
Marlise –
Uitstekend