Aanlyn skryfkursus by die bekroonde skrywer Martie Preller

R1,000.00

Beskrywing

Voel jy nog altyd dat jy ‘n storie het om te vertel? Of wil jy graag ‘n boek publiseer of dalk stel jy net belang om die wêreld van stories meer te verken? Of dalk is jy ‘n student of hoërskoolleerling wat net graag wil leer om meer kreatiewe stories te skryf.

Wie jy ookal is, moenie hierdie fantastiese geleentheid om by een van die land se mees bekroondste en bekendste kinderboekskrywers te leer nie.

Julle sal Martie Preller ken as die skrywer van Babalela, Balkie en ook Kinderwerf se eie Loebi leesreeks. Haar werk is al met verskeie pryse beloon onder andere die Sanlamprys vir jeugliterauur. Vir meer inligting oor Martie se skrywersloopbaan en pryse gaan lees gerus op litnet.

Hierdie skryfkursus word oor die internet via epos gedoen. Jy werkstukke vir 40 dae. Van die werkstukke kan jy dan terugstuur om direk terugvoer van Martie Preller te ontvang. Jy werk op jou eie spoed en het 3 maande om die kursus te voltooi.

Martie Preller het al verskeie skrywers gehelp om hul eerste boeke te publiseer onder andere Wilna Adriaanse (Dubbelspel en Eindspel – Tafelberg uitgewers) wat Martie se skryfkursus gedoen het.

Klink dit vir jou lekker? Is jy lus? Wanneer laas het jy iets vir jouself gedoen?

Skryf in deur hierdie produk te koop. Wanneer ons jou betaling ontvang het sal jy deur Martie Preller gekontak word om reëlings te tref vir jou kursus.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie

Be the first to review “Aanlyn skryfkursus by die bekroonde skrywer Martie Preller”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.