Aanlyn kursus: Leer hoe om speelterapie met jou kind te doen

R550.00

Beskrywing

In hierdie aanlyn kursus sal jy van die basiese beginsels van speelterapie leer. Ons leer jou  hoe om hierdie beginsels op jou kind toe te pas deur een keer ‘n week ‘n baie spesiale speeltyd met jou kind te hê.
Vir wie is die kursus bedoel?
Vir enige iemand wat graag meer wil ‘connect’ met hul kind. Daar is al bewys dat indien die tegnieke en metode wat geleer word reg aangewend word dit kan help met die volgende probleme wat jou kind dalk mag ervaar:
* angstigheid of stress
* sukkel met dissipline
Verder help die tegnieke wat aangeleer word met die volgende:
* Dit bou jou kind se selfesteem
* Dit bevorder sy/haar probleemoplossingsvermoëns
* Help jou kind om selfstandig te dink
* Dit help jou om jou kind beter te leer ken en om uit te vind watter probleme hulle in hul alledaagse lewe het
En natuurlik die beste van alles is, dit maak julle verhouding sterk en skep ‘n wonderlike gevoel van vertroue tussen julle.
In die kursus leer jy ook hoe om grense te stel, hoe om vir jou kind te luister en sal dit beslis lei tot ‘n rustiger atmosfeer by die huis.
Hoe werk die kursus?
Indien jy die kursus op Kinderwerf aankoop sal jy ‘n koepon ontvang om toegang tot die aanlyn kursus se materiaal op Momacedemy.net te ontvang.
Vir watter ouderdom kind is hierdie bedoel?
Die tegnieke wat aangeleer word werk die beste met kinders van ouderdomme 2 tot 10 jaar. Ouer kinders tot en met 11-12 jaar kan egter ook baatvind daarby. Dit hang van jou kind af- die kursus is geskik om met enige kind wat nog “speel” te doen.
Baie belangrik: Wat is die kursus nie?
Hierdie kursus is NIE ‘n plaasvervanger vir enige terapie of speelterapie wat jou kind tans ontvang nie. Daar word sterk aanbeveel om aan te gaan met alle terapeutiese programme wat aan jou kind aanbeveel is.
.
Algemene vrae:
Wanneer is hierdie kursus?
Die kursus kan enige tyd  hier of by Momacademy.net se webwerf aangekoop word.
Moet ek spesifieke kennis van iets hê voor ek begin?
Glad nie! Hierdie kursus is vir enige iemand!
Ek is ‘n juffrou/ouma/oupa/ werk met kinders kan ek ook die kursus doen?
Enige iemand is welkom
Wie bied die kursus aan?
Almal wat deur Kinderwerf aansluit se kursus begeleider is Kinderwerf eienaar, Martie Kruger. Martie het haar Honneurs graad in Sielkunde, asook ‘n diploma in Modern Montessori en is ‘n familie berader. Sy is geregistreer by die council for councellors  (CO 20324). Sy is ook ‘n lid van PsySSA. Sy is beskikbaar vir enige vrae wat jy oor die kursus se inhoud en toepassing van die materiaal mag hê.
Kry mens ‘n sertifkaat aan die einde van die kursus?
Ja daar is ‘n toets in monkeypuzzle formaat wat jy aan die einde van jou kursus kan doen. Indien suksesvol sal jou sertifikaat aan jou beskikbaar gestel word wat jy dan kan aflaai en uitdruk. (Jy kan aanhou probeer tot jy die toets slaag)
Hoe lank duur die kursus?
Dit behoort jou nie meer as 4-6 ure te neem om dit te leer nie, maar weereens dit hang van persoon tot persoon af.
In watter taal word die kursus aangebied?
Meeste van die materiaal is in Engels. Jou kursus begeleider kan in Afrikaans gekontak word
Is daar enige verdere kostes aan die kursus verbonde?
Daar word van jou verwag om ‘n tassie of boks van spesifieke speelgoed bymekaar te maak wat jy tydens jou spesiale speeltyd met jou kind gaan gebruik. Meeste van die speelgoed behoort jy in jou huis te hê, maar jy gaan dalk hier en daar ietsie moet aankoop of dalk moet leen by iemand. Dit behoort jou nie meer as ‘n R100-R150 ekstra te kos om die ekstra speelgoed aan te koop indien jy dit nie iewers kan vind nie.

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.