Partytjie Wenke

Cupcakes

Hier is wat Marina op haar seuntjie se 5de verjaardagpartytjie gedoen het:

  • Gee cupcakes in plaas van koek.
  • Gee bv vir elke kind twee cupcakes.
  • Gee versiersuiker, smarties en enige iets anders wat die kinders kan gebruik en laat hulle self die cupcakes versier.

Dis groot pret en hou die kinders besig, en boonop het jy nie die bekommernis van koeke wat nie reg uitkom nie!

Neem foto van elke kind se skepping en stuur saam met dankie sê briefies uit.

Goedkoop partytjie idee deur Gerda

Laat die kinders bruin papier sakkie versier om maatjie se geskenkie in te plaas.

Druk prentjies van die partytjie tema uit en sit dit bo-op bruin papier sakkies gevul met lekkertjies vir die kinders om huis toe te neem.

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.