Ouerskapswenke

As jy ‘n oulike wenk of raad het stuur gerus vir ons ‘n e-pos.

Kinderpartytjies

Maak kinderpartytjies maklik deur jou kind self die koek te laat versier. Dan hoef jy nie te duur koeke te koop, of een te probeer maak nie, en niemand mag sê die koek lyk lelik nie! En natuurlik geniet kinders dit gate uit (wel, my kind doen).

Elana Burger, Pretoria

Goue reël vir Partytjie

Nooi net soveel kinders soos wat jou kind oud word, plus nog twee. Met ander woorde, as jou kind 3 word, kan jy totaal 4 maatjies nooi, plus die verjaarsdag maatjie = 5. Partytjies kan oorweldigend raak, nie net vir die verjaarsdag maatjie nie, maar vir gaste ook. Vergeet van ander ouers beindruk – dit gaan oor jou kind en sy verjaarsdag en of jy dit saam met hom/haar geniet.

Luané Smith, Saldanha

Weier om te eet

Maak prentjies van die kos vir slegte etertjies, byvoorbeeld omskep broodjies in treintjies, of maak ‘n vliegtuig broodjie. My seuntjie wat ‘n baie slegte eter is, eet baie beter as ek dit doen

Anoniem

Knopkop

As baba begin loop en slag aftrap met ‘n tafel, smeer dadelik bietjie vanilla essence aan die seerplek om ‘n blou knop te vermy

Natasha Badenhorts, Klerksdorp

Speletjies

Jou sakkie met wasgoedpennetjies kan jou kleinding vir ‘n hele rukkie vermaak. Laat sy soorte groepeer, kleure bymekaar sit, die pennetjies op die rand van ‘n kartonboks vaspen of sommer net in en uit pak.

Judith Venter, Lichtenburg

Totsiens Luise

Marietjie Nel stel voor dat jy twee doppies naelak in jou sjampoe gooi en was jou kind se hare daarmee.

Wegpak-wenk

Ek het eendag iewers gelees dat as jy as ouer raadop is met jou kleinding, wat nie hul wasgoed op die regte plekke wegpak nie, kan jy prentjies van hemde, broeke en onderklere uitknip en dit voor op hulle kassie plak. So kan hulle onthou waar om hulle kleertjies te bêre. Dit werk!

Hesti Hammond, Brakpan

Bêre jou kind se kosbare kunswerke so:

Span ‘n draad/tou van die hoek na die ander in die kamer en hang die prente met wasgoedpennetjies vas.

Anoniem

Badtyd is speeltyd!

Bêre spuitbottels vir badspeel, wul met water en koekkleursel, maak dan baie skuim en spuit die gekleurde water op die skuim, groot pret.

Anoniem

Baba se eerste verjaardag!

‘n Oulike idee vir baba se eerste verjaarsdag is ‘n tydskapsule:saam met uitnodiging vra elke gas om iets wat vir hulle spesiaal is saam te bring op die dag wat hulle in die tyds kapsule kan plaas -dit kan ‘n gesinsfoto, koerant uitknipsel, cd met gunsteling liedjie op, gedig, prentjie wat maaitjie geteken het of iets in daai lyn – oumas en oupas moet elkeen ‘n spesiale brief (boodskap) skryf aan die verjaarsdag seun of dogter en mamma en pappa natuurlik ook dan word al hierdie goed weggebêre en oorhandig aan die persoon as hy/sy 21 word.

Monya

Eersthulp-kissie-in-‘n-bottel

Mari beveel Tea Tree oil aan en beweer dit werk soos ‘n bom op:

  • brandmerke
  • insekbyte
  • skaafplekke
  • blase
  • puisies
  • enige velontsteking of irritasie

Dit is veral nogal handig met al pappa se stampe en skaafplekkies in die workshop …

Dit stink effens, maar brand nie naastenby so erg soos baie van die ander ontsmettende salwe nie.

Dit is veral eersteklas op troeteldiese se einas want hulle lek dit nie af soos ander salwe nie.

Wenke vir vlieg saam met jou kind

Marietjie vertel wat hulle gedoen het toe hulle Nieu Zeeland toe gevlieg het met haar 13 maande oue dogtertjie:

  • As daar kos bedien gaan word op die vlug, is dit goed om ‘n kinderete vooraf te bestel. Eet hou hulle besig – as daar nie kos op die vliegtuig is nie, pak dan ‘n paar gesonde eetgoedjies in.
  • Dit werk regtig om hulle ‘n suiglekkertjie te gee met die opstyg. Ek het toe nog geborsvoed en het dit sommer vir haar gegee – dit het gekeer dat haar ore toeslaan.
  • Koop ‘n paar klein verassingtjie-geskenkies en draai dit toe – sy mag dalk geniet om dit oop te maak en daarmee te speel. (So een speelding ‘n uur). So as die vlug 2 uur lank is, 2 goedjies plus dalk ietsie vir op die lughawe. Niks groots nie – dit kan seker self ietsie wees wat sy al klaar het, maar van vergeet het.
  • Iets wat lekker gewerk het was magnetiese borde – mens kry sulke kleintjies. Dis wit en jy krap daarop met ‘n pen met ‘n metaalpunt en deur die prentjie vee maklik uit. Lekker vir hulle om op te krap.
  • Inkleurboek of stickerboek is lekker om mee te speel – as sy al daarvan hou.
  • Bestel ‘n bassinet (lugwiegie) vir haar as sy onder die gewig is wat hulle vir bassinets toelaat. Dan kan sy lekker slaap terwyl sy vlieg. Kinders onder 2 sit mos op die ma (of pa) se skoot en dit help sommer baie as die kleintjie in ‘n bassinet kan lê en slaap.
  • Onthou om genoeg spaarklere in te pak – dit gebeur dalk net dat jou bagasie nie dadelik by die lughawe aankom as jy daar aankom nie en dit help nogal as jy iets ekstra het. Vir die vliegtuig ook – pak ‘n spaar t-hemp in vir jou vir as jou klere natgemors word en pak vir jou kind genoeg spaargoedjies in.
  • Dis beter om nie speelgoed te kies wat die wereld vol besaai kan raak soos lego’s nie.
  • Iets ouliks is ‘n aktiwiteitsboek dit werk wondere!

Raak so ontslae van die fopspeen (dummy)

Marina vertel

“My seuntjie was mal oor Shrek. Ek het elke tweede dag die dummy se puntjie ‘n klein stukkie afgesny en vertel dat Shrek hom gebyt het. Hy kon hom later net-net vasgebyt kry, totdat hyself besluit het die dummy moet asblik toe. Nooit weer ‘n probleem gehad nie.”

 

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.