Loebi die drakie

Ontmoet vir Loebi die drakie, ‘n karaktertjie uit die bekroonde skrywer Martie Preller (skrywer van Babalela) se pen!

[bs_button size=”md” type=”link” value=”Sluit aan by die Loebi leesklub” href=”http://kinderwerf.co.za/loebi-leesklub-aansluitingsvorm/”]

Loebi die draak is ‘n klein ontdekkingsreisiger. Hy ontdek dag na dag meer en meer van sy drakewêreld, soos ‘n kind sy mensewêreld ontdek. Die drakewêreld is bietjie anders as die mensewêreld, maar nie só anders nie. Op slot van sake hou die drake die aarde dop …

Loebi nooi alle kinders tussen 0 en 7 jaar om deel te word van sy wêreld. So sal hulle deel word van ‘n ongelooflike storie-ervaring wat uniek in sy soort is.

Word deel van die Loebi leesklub en ontvang elke maand ‘n  ouderdomsgepaste Loebi-storie met ouerhandleiding bestaande uit daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels  wat jou help om alle aspekte van jou kind se ontwikkeling optimaal te stimuleer. Sodoende word jou kleinding speel-speel skoolgereed.

 

Is jy nou al baie nuuskierig? Laai jou gratis Loebi-storie hier af.

Om op hoogte gehou te word van nuwe Loebi-produkte, vertonings, ens.teken in op die gratis Loebi-nuusbrief.

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.