Sukkel jou kind om te konsentreer?
Kyk eerste na haar leerstyl!
Daar is verskeie redes waarom party kinders meer as ander sukkel om te konsentreer. ‘n Groot oorsaak vir konsentrasie probleme kan egter jou kind se leerstyl  wees.
Kinders wat leer deur beweging sukkel om inligting op meer “konvensionele†maniere (soos kyk en luister) in te neem en dikwels maak skole ook nie voorsiening vir hierdie tipe leerders nie.
Kyk hier of jou kind grootliks leer deur beweging.
Wanneer my kind praat:
*Â Maak sy baie staat op liggaamstaal
* Sy praat nie baie nie
* Dit is soms moeilik om haar spraak te verstaan
Wanneer my kind speel:
* Verkies sy dit om buite te speel.
* Sy haal goed uit laai en van rakke af.
* Sy haal speelgoed uitmekaar
* Sy hou van groepsaktiwiteite
Wanneer my kind beweeg:
* Hou hy daarvan om te klim
* Hy is baie goed gekoördineerd
Wanneer my kind by ander mense is:
* Hou hy daarvan om gewieg te word en vasgehou te word
* Hy soek baie drukkies
* Hy is baie sensitief en hou baie van mense
Wanneer my kind voel:
* Hy voel maklik seergemaak
* Hy kan maklik woede uitbarstings kry
* Hy gee baie om vir ander mense en sal maatjies troos wat seerkry
Wanneer my kind leer:
* Boots sy ander mense na
* Sy onthou aktiwiteite die beste nadat sy dit gedoen het