Klei speel aktiwiteite

KLEI-SPEEL AKTIWITEITE

Klei-speel is ‘n wonderlike manier om jou kind besig mee te hou en daardie klein handspiertjies sommer lekker sterk te maak. Hier is ‘n paar kreatiewe idees wat julle alles met klei kan doen.
  • Rol die klei in ‘n slangetjie en dan  bou dan die slangetjies bo-op  ’n eenvoudig groot inkleur prent. Die kleuter kan dan so leer om binne die lyne in te kleur.
  • Laat hulle hul name bou met die slangetjies.
  • Knip klei. Dis beste manier om knip te oefen. Gebruik stompneusskertjie.
  • Kies ‘n vertrek in die huis en probeer  alles daarin naboots. Maak soommer die playdough self so laat die klei droog word wanneer julle iets gemaak het en verf dit dan later in die week sommer enige kleure.
  • Rol ‘n balletjie en begin dit dan vorm deur oortjies en pote uit die sirkel te trek, kyk wie kan herkenbare diere maak en maak sommer n paar spesies van jou eie.
  • Jy kan ook verskillende teksture aan die klei/deeg gee deur bv. fyn houtsaagsels of blinkers by te voeg. Hulle geniet dit ook om met plastiek diere in die klei te speel
  • Kies ‘n letter om met die klei te maak. Maak ‘n alfabet speletjie daarvan, vorm jou gekose letter met klei, soek prentjies wat met daardie woord begin en steek bv. klomp letters weg en jou kind moet net die gekose letter soek. Jy kan dieselfde met vorms ook doen. So leer hulle lekker speel-speel

Het jy ‘n vraag oor jou kind? Gaan vra dit gerus op ons Facebookblad.

Moenie die opvoedkundige waarde van klei-speel onderskat nie!

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.