So tussen doeke, bottels en sopnat soentjies het jy gedink jy weet alles van babas af! Moenie so seker wees nie, hier is ‘n paar interessante feite van babatjies wat jy dalk nie geweet het nie:
* Babas wat in Mei gebore word is gemiddeld 200 gram swaarder by geboorte as ander kinders!
* ‘n Pasgebore baba se kop beslaan ‘n kwart van sy gewig.
* Daar word elke drie sekondes ‘n baba gebore.
* Die rede waarom klein babatjies se asem so lekker ruik is omdat hulle nie tande het nie. Tande versamel slegruikende bakterieë , wat die oorsaak is van ‘n onwelriekende asem.
* Babas met geboorte erken hulle mamma se stem en kan dit van ander stemme onderskei.
* Hulle verkies vroulike stemme bo manlike stemme
* Jou baba het perfekte toonhoogte, iets waarmee net een uit 10 000 volwassenes kan spog!
* Op 5 daggies kan jou babatjie jou borsmelk van ander mammas se borsmelk onderskei.
