Inligting oor outisme

Kenmerke van outisme

Deur mari (Des 27, 2007)

Kinders met outisme kan varieer van baie erge ” afskakeling” tot geringe spraak en sosiale probleme – daarom die nuwe naam van ” Autism spectrum disorder ”

Hiermee ‘n kort lysie van kenmerke :

  • Agterstand / agteruitgang / afwesigheid van taalontwikkeling
  • Ongewone reaksies tot ander mense – vermy oogkontak, bied weerstand om opgetel of vertroetel te word en skynbare afsluiting van die wereld
  • Onvermoee om behoeftes te kommunikeer
  • Onvermoee om met ander kinders te speel en vriende te maak
  • Onvermoee om ander se gevoelens te interpreteer en ongewone reaksies op emosies
  • Behoefte vir ‘n erge struktuur en roetine, amper rituele herhaling in basiese daaglikse takies soos bad en aantrek, en erge weerstand met verandering in roetiene
  • Afwisselende hiperaktiviteit met periodes van passiewe “uitskakeling” van die omgewing met erge reaksies op enige veranderings
  • Herhalende liggaamsbewegings soos heen en weer loop of hardloop, hande skud, arms vlap, klap, wieg, draai en rolbewegings, op en af spring, kopskud, kopstamp en ander selfbesering
  • Ongewone hantering van speelgoed en ander voorwerpe – pak alles in ‘n lyn, draai wiele aanhoudend, teken selfde patroon oor en oor, ens
  • Ongewone afhanklikheid van ‘n sekere speelding of ander voorwerp
  • Onsesitief vir pyn of hitte / koue
  • Impulsiewe aksies met geen vrees vir gevaar
  • Gereelde gehuil en “tantrums” sonder enige ooglopende rede
  • Vreemde taalgebruik – woorde / frases uit konteks ens.
  • Abnormale reaksies op sensasies – lig, klank, aanraking – oorreageer soms, maar is ook soms nie-reagerend.
  • Hipersensitiviteit vir smaak / tekstuur van kos – eet net sekere kosse
  • “Dowe” gedrag – reageer nie op kommunikasie nie, maar wel op ander geluide.

Sommige kinders ontwikkel normaal tot op 2 jaar, met dan ‘n skielike of stelselmatige terugval ( spraak agteruitgang, verergerde sensitiviteit, ens )

Siptome verskil van kind tot kind, en van hierdie simptome kom ook voor in kinders met ander toestande.

WANNEER GAAN JY DOKTER TOE ?

Meeste kinders met autisme ontwikkel heeltemal “normaal” tot op 18 maande na 2 jaar ( soms raak dit eers simtomaties self oor 4 jaar )

Die belangrikste bekommernisse in die geval is:

  • Gebrekkige spraak ontwikkeling terwyl ander mylpale normaal bereik word, of agteruitgang in woordeskat en taalgebruik – dan moet die moontlikheid van gehoorprobleme eers uitgesluit word ….
  • Skielikke ( of stelselmatige ) oorsensitiviteit vir die omgewing

hierdie kan ook simtome van ander toestande wees, maar dis beter om so gou moontlik oorsake vas te stel – sommige ontwikkelinsprobleme kan deesdae baie maklik behandel word, maar altyd : hoe gouer hoe beter….

HULP IN SUID AFRIKA

Outisme Suid Afrika webblad : www.autismsouthafrica.org/

Outisme Weskaap webblad : www.autismwesterncape.org.za

Historiese Bekendes wat dalk iewers op die Autisme Spekrtum was ( voor dit as sindroom erken is )

Name soos Einstein, Newton, Michelangelo, Mozart ens. word genoem !

http://realtech.co.za/realwiki.php?title=People_speculated_to_have_been_autistic

Meer inligting:

Autistic Spectrum Disorder ( ASD ) is wat “outisme” deesdae genoem word. Navorsing rondom terapie vir die klassies “teruggetrokke” autistiese kind het wonderlik uitgebrei in die laaste dekade.

Autistiese kinders word nie meer as “vertraag” behandel nie, maar terapie is gefokus rondom hulle hipersensitiviteit. In werklikheid is hierdie outjies “hiperslim” en dit is die oorvloed stimulasie wat hulle oorsensitiewe breintjies inneem, en dan nie kan verwerk nie, wat hulle laat “onttrek” van die wereld om hulle. Indien so gelaat, kan dit wel ontwikkel in ‘n vorm van “vertraagheid” aangesien die breintjie die stimulasie “uitskakel” en dan later nie weer kan aan die gang kom nie.

Jou beste ingrypingstyd is van 3 – 8 jaar, maar vroee ingrypings terapie word aanbeveel van 2 jaar of selfs vroeer ( sodra ‘n diagnose defnitief is ) en mens kan nog resutate kry tot 12 jaar, maar hoe gouer hoe beter….

Vroee simtome van ASD verskil van kind tot kind. Sommigges is reeds van geboorte af “anders” en het soms spiertonus probleme en dus stadige ontwikkeling. Die meeste outjies ontwikkel heel normaal ( selfs vinniger as ander ) tot omtret 2 jaar. Wat dan gebeur kan vir ouers ‘n skok wees en is gewoonlik die rede waarom ASD lank neem om te diagnoseer. Die kind se spraak gaan agteruit en hy raak huilerig en hipersensitief vir die omgewing. Die tipiese teruggetrokkenheid van autisme ontwikkel vinnig. Eetprobleme ontstaan, selfs met allegriee. Gewoonlik moet dokters eers ander oorsake van die agteruitgang uitskakel voor autisme gediagnoseer word.

ASD is ‘n kombinasie van simptome wat baie verskil van kind tot kind, daarom die “spectrum” in die naam. Hoog funksionerende autiste kan heeltemal “normaal” voorkom, met geringe probleme – meestal sosiale integrasie en kommunikasie. Laag funksionerende autiste kan baie ander simtome, soos lae spiertonis, eppilepsie, erge ko-ordinasie probleme ens. ook he.

In Amerika is daar nou al jong mense wat as kinders met ASD gediagnoseer is, maar vandag proffessors is. Soos ons onderwys stelsel aanpas, is daar meer plek vir hierdie hiper slim kinders om op hulle vakgebied ver te kom, ondanks ander probleme. Die prentjie het dus drasties verander

In Suid Afrika is die voorkoms van ASD in verskillende grade al meer as 1/200 kinders.

ARTIKEL UIT : DIE BEELD

20 JAAR LANK VERSORG
Aug 10 2005 02:39:38:793PM – (SA)

Hettiën Strauss

Allesomvattende ontwikkelingsversteuring (ASD). Outisme. Noem dit wat jy wil, maar vir ‘n ouer wat sowat 20 jaar gelede gesien het hoe haar kind onverklaarbaar agteruitgaan, was dit ‘n groot skok.

Me. Julian Benade, ma van Julius (22) sê tot op driejarige ouderdom het haar kind soos enige ander ontwikkel. Voor sy derde verjaardag het hy vol sinne gepraat en al die kleure geken. Vir sy ma was Julius ‘n normale kind. Kort daarna het hy egter sy belangstelling in storieboeke verloor en al hoe minder gepraat. “Dï t was die begin van waarskynlik dié twee moeilikste jare van my lewe,” sê Julian.

Sowat twee weke na sy derde verjaardag het sy hom na ‘n neuroloog geneem. Dié kon geen fout kry nie. Sowat ‘n week later het sy hom vir ‘n breinskandering gevat. Ook daar was nie fout nie. Benade is van dokter tot dokter, van spesialis tot spesialis. Party het beweer Julius sal nie lank leef nie. Ander het gesê hy is erg gestremd, dat hy na die Witrandhospitaal geneem moet word en sy ouers “eerder van hom moet vergeet”.

Sy het besluit om nie dié raad te volg nie, en het volgehou met die spraakterapie waarmee vroeër begin is. Na verskeie bloedtoetse, ‘n tweede mening en evaluering deur ‘n ander neuroloog en psigiater, het die spraakterapeut gereël dat ‘n span kundiges by die kinderleidingkliniek van Weskoppies-hospitaal Julius evalueer. In dié stadium was Julius al vyf jaar oud. Hoewel niemand kon vasstel wat met hom verkeerd is nie, het die span kundiges voorgestel dat hy ‘n geskikte kandidaat vir die Unica-skool vir leerlinge met outisme in Pretoria is.

Julius het nooit weer sy spraak herwin nie. Hy was daarna 13 jaar lank ‘n leerling aan dié skool. Sedert 2002 is hy ‘n dagbesoeker by Lethabo Le Khutso , die volwassene-eenheid vir mense in Pretoria van die vereniging van outisme. Hy kommunikeer met behulp van prente.

Volgens Benade het Julius se toestand in die afgelope 20 jaar nie veel verander nie. Haar wens vir hom en elke ander ouer van ‘n kind wat aan outisme ly, het ook dieselfde gebly: Dat hy elke dag die kans kry om sy volle potensiaal te ontwikkel.

Outisme is ‘n allesomvattende ontwikkelingsversteuring (ASD) en word meestal voor driejarige ouderdom waargeneem.

Me. Anna Atkins, woordvoerder van die vereniging van outisme in Pretoria, sê al word daar nog baie navorsing oor die oorsake van outisme gedoen, is navorsers dit eens dat die oorsake neurologies van aard is.

Volgens internasionale standaarde wys een uit elke 158 kinders jonger as ses jaar simptome van outisme. Skole en terapeutiese instellings het dus wêreldwyd ‘n groot behoefte.

In Suid-Afrika word daar slegs vir sowat 550 leerlinge in outistiese skole voorsiening gemaak. Tans bestaan daar in Pretoria slegs geriewe vir 24 volwasse outismelyers.

Volgens Atkins kan die volgende gedrag tekens van outisme wees:

  • Mense toon vreemde en somtyds afwesige sosialisering;
  • spraak is gewoonlik afwesig of baie swak ontwikkel;
  • verandering in roetine of omgewing kan angs veroorsaak;
  • ongewone gehegtheid aan spesifieke voorwerpe;
  • moeilike wisselwerking met ander; min of geen oogkontak;
  • afsydigheid, of dikwels ‘n teësin in aanraking, vashouding of troeteling;
  • ongevraade gelag of gehuil;
  • oordrewe lompheid/ongelyke senuweebewegings;
  • verkies dikwels om alleen te speel; asook beperkte verbeeldingspel;
  • toon minimale reaksie op woorde en tree soms soos dowes op;
  • het dikwels ongewone gewoontes aangeleer soos wieg, waai van die hande, ronddraai van voorwerpe;
  • het dikwels gedragsneigings om hulself te beseer, byvoorbeeld kopstamp, krap en byt.

ASD is nie geneesbaar nie, maar behandelbaar deur vroegtydige opvoedkundige en terapeutiese hulp, sê Atkins.

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.