Hoë Frekwensie woorde : Graad 1

Hoë frekwensie woorde is woorde wat baie gereeld in Afrikaans voorkom en help ook om lees makliker te maak en om vinniger te kan lees.

Hierdie woordjies leer kindertjies in Graad1 aan en kinders leer dit as sigwoorde. M.a.w. hulle moet die woordjie ken deur net na hom te kyk sonder om dit uit te klank. In die leer lees proses, kan jou kind natuurlik in die begin die woordjies klank tot hy/sy gemaklik met die woorde raak.

Ons deel die woorde vir julle op in groepe van 10. Jou kind moet die eerste groep van 10 woordjies blitsvinnig kan lees voor julle na die volgende groep toe gaan. Om dit bietjie meer pret te maak, kan julle flitskaarte maak van dit en dit orals in die vasplak. Hierbo is die lysie. Jy kan ook die prentjie “save” op julle rekenaar en utidruk

Maak seker jou kind verstaan die betekenis van elke woord en kan die woord gemaklik in ‘n sin gebruik

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.