Baie dankie, die kinders by Tingeling het die program baie geniet en ek en hul juffrou is seker dat hulle gereed is vir Pre-Primêr volgende jaar.
Anne Marie
Ek is nou al amper deur die program… dis baie nice, my kind geniet dit en dit leer haar baie. Die kan beslis deur elke ma wat n graad R of graad 1 het gebruik word. Puik program gewaarborg.
Dricka Duvenhage
Ek is tans besig met die program met my seuntjie Thomas.. (6) hy is mal daaroor – ons het ongelooflike pret met die program elke middag. – julle kan nie verkeerd gaan om dit te koop nie.Ongelooflike inligting, prentjies, oefeninge en kontak tussen mamma en kind – priceless!!!
Marlize Hickman
Ek gebruik die program huidiglik vir my 5 jarige dogter (sy is eers volgende jaar graad R). Sy geniet dit vreeslik en sien groot verskil in dingetjies waarmee sy gesukkel het. Kan dit beslis aanbeveel. Dis maklik vir ouers om dit te verduidelik en kinders sal dit waarlik geniet.
Charlene Smal
Baie dankie vir die program. Dit het my jongste die wereld se goed gedoen, nou weet ek my kleine prins is amper reg vir gr R.
Alida
Ek moet net vir jou sê baie baie dankie vir die reeks. Ek het gisteraand met my seuntjie die 1e Oefening vir die week gedoen, en hy kon in ‘n japtrap leer sy skoen vasmaak (wat ons nou al maande mee sukkel).Sien uit na die res van die program. Bianca Roux
Bianca Roux
Baie baie dankie vir die Skoolgereedsheidpakket wat ons mee besig is… My seuntjie is mal oor ons “huiswerk” in die middae. Dis werklik elke sent werd.
Tersia Lubbe