Afrikaanse skoenveter rympies

Ons kry dikwels op Kinderwerf versoeke van ouers en onderwysers vir Afrikaanse rympies om die kleinspan te leer om hulle skoenveters vas te maak. Met die hulp van ‘n paar oulike mammas op ons Facebookblad www.facebook.com/kinderwerf het ons die volgende rympies vir julle gevind. Watter een is jou gunsteling?

 

Hasie-gaatjie

Hasie-gaatjie

om die draaitjie,

spring gou deur,

vasgekeer! (Met vasgekeer trek jy die veter vas!)

 

Twee klein wurmpies:

Twee klein wurmpies,

Piet en Tom,

die enetjie trek sy ruggie krom,

die ander hardloop om en om,

kruip so woeps onderdeur Tom,

nou is altwee se ruggies krom!

 

In die gat…

In die gat is daar n boom (maak knoop)

In die boom is daar n gat (maak n strik)

Om die boom dans die haas (vou die veter om die ander veter)

In die gat val die haas (steek een veter deur ander veter)

Woeps val die boom se gaatjie plat. (trek die veters styf)

 

Daar was ‘n boompie…

Daar was ‘n boompie,

hasie hardloop om die boompie,

in die gaatjie

en daar steek die ore uit!

 

Twee kleine hasie maatjies

Twee kleine hasie maatjies gee mekaar n drukkie.

Twee kleine hasie maatjies het ‘n gaatjie.

Een kleine hasie maatjie hardloop rondom die boompie.

Een kleine hasie maatjie spring in die gaatjie,

en daar trek ons die oortjies!

Vas is die skoentjie my pampoentjie!

Skoenveters

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.