Aflewering

Elektroniese produkte sal dadelik na betaling ontvang is beskikbaar wees om af te laai. Kredietkaartbetalings word verkies aangesien jy direk na jou betaling dadelik jou produk ontvang. Ander betalings sal geaktiveer word sodra die betaling in ons bankstaat verskyn of wanneer bewys van betaling ontvang is . Indien jy die verkeerde verwysingsnommer/kode gebruik moet jy ons kontak met besonderhede van jou bestelling sodat ons jou bestelling kan aktiveer.

Jy kan kies tussen posversending of koerieraflewering as jy jou bestelling finaliseer.  Ons het tans ‘n vaste onkoste op koerierversendings, maar sekere areas val buite die vaste koste gebied.  Indien jy koerieraflewering meer as die vaste koste beloop sal ons jou inlig deur ‘n nota op jou bestelling te plaas en vir jou ‘n epos te stuur.  Ons sal eers die pakkie uitstuur sodra die verskil van die koerierkoste betaal is.

Indien jy ‘n koerierafleweringsopsie kies maak asb seker dat ons ‘n huis of werksadres het sowel as ‘n kontaktelefoon nommer en nie net ‘n posadres nie.

Koerierpakkies word binne 3 – 4 werksdae by jou gespesifiseerde adres afgelewer en pospakkies neem tussen 7 – 10 werksdae.  Jy kan dit dan by die poskantoor gaan optel met ‘n naspoornommer.

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.