Adverteer

Adverteer by Kinderwerf

Kinderwerf is ‘n opvoedkundige webwerf wat Afrikaanse opvoedkundig produkte vir kinders 0 tot 8 jaar verskaf. Hieronder is ‘n lys van die advertensiepakette wat ons aanbied en die kostes daaraan verbonde.Studies het getoon dat besighede herhaaldelik moet adverteer. Indien mense oor en oor van jou besigheid in verskillende media van jou hoor, het jou advertensie die beste kans tot sukses.

Waarom Kinderwerf?

  1. Kinderwerf is ‘n gevestigde naam in menigte huishoudings.
  2. Kinderwerf is ‘n leier in die opvoedkundige industrie en skep en verskaf kreatiewe, unieke produkte vir ouers in Afrikaans.
  3. Kinderwerf se webwerf word druk besoek en verskaf baie gratis produkte aan ouers.
  4. Kinderwerf het intensiewe gevestigde sosiale netwerke op die internet.
  5. Kinderwerf het agente regoor die land wat Kinderwerfprodukte bemark en versprei.
  6. Ons wil nie ons kliënte aan te veel advertensies blootstel nie, daarom het ons beperkte advertensiespasie beskikbaar. Dit beteken u advertensie is meer opvallend en raak nie weg tussen ander advertensies nie.

Terugvoering van ons adverteerders

“Sjoe, my Blackberry se rooi liggie brand aaneen met navrae oor die papier. Ek het nie besef jou besigheid het so baie aanhangers nie, well done!” Dinah’s paper

“Ek het ongelooflike goeie reaksie op jul advertensie gekry. My ‘likes’ het van 41 na 180+ opgegaan en baie ouers het met my kontak gemaak vir meer inligting. Het ook al 2 pakkette verkoop na aanleiding van die advertensie.” Box ‘n Dice

“Na julle advertensies het my ‘likes’ opgegaan van 15 na 220! Dis fantasties en ek het ook heelwat mense wat produkte gekoop het en wat moontlik belangstel om aan te sluit as agente.” Filaflooi kinderklere

Advertensiepakkette

Kinderwerf gee jou die geleentheid om te adverteer op die volgende plekke teen bekostigbare tariewe:

  1. Kinderwerf webwerf
  2. Verskeie Facebook blaaie en ‘mommy communities’ (altesaam meer as 14000 volgers/aanhangers)
  3. Kinderwerf nuusbriewe (meer as 3000 intekenaars)

1. Kinderwerf webwerf (R1000 vir 12 maande)

960×100 ‘rotating’ banier (jou advertensie verskyn indien al die spasie opgeneem is sowat elke 8ste kliek). Die banier verskyn op ELKE blad van ons webwerf. As iemand op jou advertensie kliek skakel dit direk na jou webwerf. Hierdie opsie sluit een gratis advertensie in een van ons nuusbriewe in.

2. Facebook en Nuusbrief (R250)

Een plasing op elk van die volgende Facebook blaaie: Kinderwerf, Mammmas van kleuters, SA Kids educational, Idees vir kinderpartytjies.

Kinderwerf stuur maandeliks minstens een nuusbrief uit aan meer as 3000 intekenaars.

3. Konsentrasiegids (R250)

Adverteer in ons aanlyn Konsentrasiegids.  Die Konsentrasiegids is uiters gewild met talle daaglikse besoekers.  Ons genereer ook baie verkeer na die aanlyn Konsentrasiegids toe deur gereeld potensiële kliënte na die blad toe te stuur.

4. Alles-in-een multimedia bemarkingsveldtog (R1450)

Adverteer op Kinderwerf se webwerf vir 12 maande, kry 2 plasings op elk van ons Facebookblaaie EN adverteer in 2 van ons nuusbriewe.

Kontak trudie@kinderwerf.co.za met enige navrae en/of om adververtensiespasie te bespreek.

Voorwaardes

  1. Advertensiemateriaal moet verkieslik in Afrikaans wees.
  2. Die adverteerder moet self alle logo’s, foto’s en ander advertensiemateriaal verskaf.
  3. Ontwerp van blok- en/of banieradvertensies kan gedoen word teen ekstra koste.
  4. Kinderwerf hou die reg voor om ongeskikte of ongewenste materiaal of swak kwaliteit te weier.
  5. Kinderwerf aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige probleme, transaksies ensovoorts wat mag voortspruit uit die advertensie al dan nie.
  6. Advertensiekostes is vooruitbetaalbaar.

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.