Ses prettige opvoedkundige aktiwiteite (2-7 jaar)

1: Macaroni halsnoere/juwele:

Verf verskillende patrone pastas. As droog ryg op dun tou stukke. Kan melk bottel proppe of knope tussen in ryg vir afwisseling.

Wat jou kind leer: Fyn motoriese ontwikkeling, hand oog koördinasie, bespreek ook die verskillende kleure wat hy mee verf om sodoende vaslegging van kleure te doen.

2: Poskaart legkaarte:

Knip ou poskaarte in stukke en bou dan weer soos ‘n legkaart. Bere stukkies in ‘n koevert. Kan tydskrif prente op stewige karton plak en dan ook in stukke knip.

Wat jou kind leer: Fyn motoriese ontwikkeling

3: Duim prentjies: Smeer of druk duim in dik verf en maak vinger afdrukke op papier. Gebruik dan kokies of kryte en maak mense of diertjies of blommetjies van die afdrukke.

Wat jou kind leer: Fyn motoriese ontwikelling, kreatiwiteit

4: Musiek!

Luister saam met jou kind musiek en dans saam met hom. Terwyl julle dans leer hom goedjies soos om op een been te spring en met toe ogies vorentoe of agtertoe te loop – raak kreatief met julle bewegings!

Wat jou kind leer: Groot motoriese ontwikkeling, balans

5: Kleure en vorms soek: Gaan speel in die tuin en kleure soek. Vandag soek julle net rooi goed, pluk rooi blomme, rooi bessies (hou mondjie dop!) ens. Fokus elke keer op ‘n ander kleur, of ‘n ander vorm. Wat is alles ‘n vierkant in die tuin? Wat is alles sirkels?

Wat jou kind leer: Visuele diskriminasie, kleure, vorms

6: Groei plantjie, groei! Gaan koop plantjies en plant dit saam, laat sy dit elke dag water gee en kyk hoe dit groei!

Wat jou kind leer: Verantwoordelikheid, wetenskap

Gratis nuusbrief

Gaan na Kinderwerf-nuusbrief en kies die Kinderwerf opsie om in te teken op ons gratis algemene nuusbrief.